Swakopmund-hoof vra kalmte oor radioaktiewe bergingsfasiliteit
Die hoof uitvoerende beampte van die Swakopmund-munisipaliteit, Alfeus Benjamin, het inwoners gevra om rustig te wees oor die radioaktiewe bergingsfasiliteit wat moontlik in die kusdorp opgerig kan word. Hy sê daar is geen goedkeuring vir die fasiliteit nie en konsultante is nog besig met ‘n omgewingstudie.