Bank van Japan verhoog rentekoers van negatief tot positief: 0% tot 0,1%
Die Bank van Japan het vir die eerste keer in 17 jaar die land se sleutel-rentekoers verhoog van minus 0,1-persent tot ‘n reeks van nul tot 0,1-persent. Die besluit volg nadat salarisse opgeskiet het weens stygende verbruikerspryse, en beteken geen land ter wêreld het nou ‘n negatiewe rentekoers nie. BBC News berig ‘n negatiewe koers dwing verbruikers om te betaal om geld in ‘n bank te deponeer. Verskeie lande het die maatreël gebruik om mense te dwing om hulle geld uit te gee, in plaas van dit in ‘n bank te hou.