China beperk Hongkong-vryhede verder

Hongkong het ‘n streng sekerheidswet aanvaar wat volgens die owerhede nodig is vir bestendigheid, maar wat kritici vrees burgerlike vryheid verder sal verwoes. Die wet brei uit op ‘n omstrede nasionale veiligheidswet wat vroeër deur China ingestel is, en wat skeiding, ondermyning, terrorisme en sameswering met buitelandse magte in Hongkong kriminaliseer. Kritici sê die nuwe wet is nog ‘n verpletterende slag vir menseregte. Volgens Human Rights Watch in Hongkong kan selfs die besit van ‘n boek wat die Chinese regering kritiseer, nou as ‘n gevaar vir nasionale veiligheid gesien word en tot jare se tronkstraf lei.