Een tree nader aan onteiening sonder vergoeding in SA
Die Nasionale Raad van Provinsies in Suid-Afrika het die Onteieningswetsontwerp met voorgestelde wysigings aanvaar. Dit beteken die wetgewing word weer na die Nasionale Vergadering verwys sodat die veranderinge goedgekeur kan word. Al die provinsies, behalwe die DA-beheerde Wes-Kaap, het die wetsontwerp ondersteun. Dit wil onder meer voorsiening maak vir die onteiening van eiendom vir ʼn openbare doel of in openbare belang. Die DA se afgevaardigde by die Nasionale Raad van Provinsies, Tim Brauteseth, sê die wetsontwerp is ongrondwetlik: