Telecom rol internet verbinding uit
Telecom Namibia het die aktivering van 3G/4G-dienste in talle gebiede regoor die land aangekondig. Hierdie inisiatief, in lyn met die Geïntegreerde Strategiese Besigheidsplan 2027 en die Nasionale Breëbandbeleid, beloof landswye verbeterde mobiele verbinding en klante-ervaring. Die telekommunikasiemaatskappy het 3G en 4G na 50 verskillende dorpe ontplooi. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Stanley Shanapinda, die uitvoerende hoof van Telecom Namibia, wat meer inligting gee.