Ondersoek na Nigeriese weermag se aborsie-program voltooi

Nigerië se menseregtekommissie sê hulle het verhore afgehandel oor ‘n ondersoek na ‘n Reuters-verslag dat die weermag ‘n geheime aborsieprogram uitgevoer het in sy stryd teen Islamitiese opstandelinge in die noordooste. Die kommissie het nie gesê wanneer hy gereed sal wees met sy bevindings en of dit bekend gemaak sal word nie. Reuters het in Desember 2022, gebaseer op tientalle getuieverslae en dokumentasie, berig dat die militêre aborsieprogram die beëindiging van minstens 10 000 swangerskappe onder vroue en meisies behels het, van wie baie deur Islamitiese militante ontvoer en verkrag is.