Texas kry groenlig om onwettige immigrante te arresteer
Die Amerikaanse Hooggeregshof het Texas die groen lig gegee om ‘n omstrede immigrasiewet bekend as SB4 toe te pas. Die laat staatsowerhede toe om mense wat die Amerikaans-Meksikaanse grens onwettig oorsteek te arresteer, prosesseer en tronk toe te stuur. Dit maak inbreuk op die ‘n rol wat lank reeds vir die federale owerhede gereserveer is. Die Withuis het die hof sterk gekritiseer oor wat hy noem die skadelike en ongrondwetlike wet wat in nou werking tree. Die Texas se prokureur-generaal, Ken Paxton, het die Hooggeregshof se beslissing as ‘n reuse-oorwinning teen die Biden-bewind beskryf.