Sewe gevalle van kindermishandeling daagliks, net in Oshikoto
Altesaam 557 gevalle van kindermishandeling is tussen 1 Januarie en 18 Maart vanjaar in die Oshikoto-streek aangemeld. Dit werk uit op sewe gevalle elke dag. Die sake sluit seksuele, fisiese, emosionele mishandeling en verwaarlosing in. Samuel Shivute, die voorsitter van die streeksraad sê geweld teen kinders en ander dringende kwessies wat teen hulle gepleeg is, moet by relevante owerhede aangemeld word. Hy voeg by dat alkohol- en dwelmmisbruik onder kinders en ‘n hoë syfer van kinders wat misdade pleeg groot kommer wek. Daar is ook ‘n hoë voorkoms van tienerswangerskappe in die streek.