Namfisa keur sentrale sekuriteitebewaarplek goed

Die Namibië Toesighoudende Owerheid oor Finansiële Instellings, Namfisa, het Central Securities Depository Limited goedgekeur as ‘n sentrale sekuriteitebewaarplek, met die doel om sekuriteite soos aandele, effekte en ander finansiële instrumente in elektroniese vorm sentraal te hou, veilig te hou en te vereffen. Die bewaarplaas word gesamentlik deur die Bank van Namibië en die Namibië Aandelebeurs besit. Tiaan Bazuin, uitvoerende hoof van die aandelebeurs, is in November verlede jaar op ‘n deeltydse basis as tussentydse uitvoerende voorsitter van die bewaarplaas aangestel. Kosmos 94.1 Nuus het met Bazuin gepraat oor hoe dit beleggers sal bevoordeel en die beurs se werkverrigting verbeter.