Erongo-polisie maak vier dagga-arrestasies

Die polisie in die Erongo-streek het die afgelope paar dae vier mense gearresteer vir oortredings wat met dagga verband hou. In Kuisebmond in Walvisbaai is die 30-jarige Victor Simon Vrydag in Dassiestraat in hegtenis geneem en die polisie het 53 gram skunk dagga ter waarde van 2 650 Namibiese dollar gekonfiskeer. Die dwelms is na bewering by die huis verkoop. In Narraville is ‘n 17-jarige Saterdigmiddag voorgekeer en deursoek, en 25 sakkies dagga van sowat 2 000 dollar is op hom gevind. Ook op Saterdag in Milkwoodstraat in Arandis het die polisie beslag gelê op 28 pakkies skunk dagga, asook 5 vol en een halwe Mandrax-tablet. Die totale waarde is 5 960 dollar. Die 24-jarige Rigoberto Engelhardt Mbaendavi en ‘n 17-jarige seun is in hegtenis geneem. Al die verdagtes het reeds in verskillende landdroshowe verskyn.