Nsfaf al weer agterstallig met klasgelde

Die kantoor van die Eerste Minister het die hoër onderwys-ministerie opdrag gegee om studente te finansier wat in April vanjaar gradueer, maar steeds in die skuld is by universiteite. Die opdrag sê plaaslike universiteite moet alle studente met uitstaande klasgelde en wat in April gradueer, toelaat om die seremonie by te woon. Die Namibië Studente Finansiële Bystandsfonds, Nsfaf, is aangesê om die uitstaande klasgelde te betaal en te verseker dat hulle die geld van die studente verhaal. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dorothea Nangolo, die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, se woordvoerder, wat sê dit is ‘n baie goeie inisiatief deur die premier, veral omdat Nsfaf al jare lank nie alle studente se gelde volledig betaal nie.