Namibië moet beter doen as 72%: lugvaartkenner

Namibië het ‘n gemiddelde van 72 persent behaal in die oudit deur die Internasionale Burgerlugvaart-organisasie, bekend as Icao. Die oudit kyk na alle elemente van veiligheid, ook by lughawens en infrastruktuur. Namibië het net meer as 52 persent behaal vir sy toesigverpligtinge en net meer as 56 persent vir veiligheidsresolusies. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die lugvaartkenner dr. Guy Leitch, oor wat die 72 persent oudit-uitslag beteken.

Leitch sê dat meer gedoen moet word aan die land se lugvaart veiligheidsresolusies, want dit is die belangrikste aspek.