Marmite-makers wil duisende poste wêreldwyd sny

Marmite se vervaardigers, Unilever, het planne aangekondig om 7 500 poste regoor die wêreld te sny. Die verbruikersgoedere-firma, gebaseer in die Verenigde Koninkryk, vervaardig ook handelsmerke soos Domestos. Daar is ongeveer 128 000 werknemers en die firma sê die voorgestelde besnoeiings sal hoofsaaklik onder kantoorwerkers wees, soos tegnologie vorder. Sky News berig Unilever het ook aangekondig hy beplan om sy roomys-onderneming, insluitend Magnum en Cornetto, teen volgende jaar te verdeel. Hy verwag sy produktiwiteitsprogram sal oor die volgende drie jaar kostebesparings van sowat 16,5-miljard-rand lewer.