Leslie Livesay aangewys as die eerste vroulike adjunkdirekteur van NASA se ‘Jet Propulsion Laboratory’
Leslie Livesay begin die week haar ampstermyn as adjunkdirekteur van NASA se ‘Jet Propulsion Laboratory’ (JPL). Sy is die eerste vrou wat hierdie hoogs-aangeskrewe posisie sal vul. Sy volg Larry D. James op, wat sedert September 2013 as adjunkdirekteur gedien het. Gedurende ‘n loopbaan wat oor meer as 37 jaar by die JPL strek, het Livesay spanne bestuur in die ontwikkeling van tegnologieë en vlug-stelsels vir planetêre, aardwetenskaplike en astrofisika ruimte-sendings. Sy het ook gedien as die projekbestuurder van die Kepler ruimteteleskoop-sending en het die laboratorium se Direktoraat van Ingenieurswese en Wetenskap gelei, was direkteur vir Sterrekunde en Fisika, en het onlangs ook gedien as mededirekteur vir vlug-projekte en sending-sukses, met toesig oor die implementering en bedrywighede van alle JPL vlug-sendings.
Foto verskaf: NASA/JPL-Caltech: Leslie Livesay is die JPL se nuwe adjunkdirekteur