Biden eis vergadering oor Rafah-inval
Die Withuis sê Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het op aandrang van president Joe Biden ingestem om ‘n afvaardiging na Washington te stuur vir ‘n gesprek oor Amerika se kommer oor Israel se aanval op Rafah. Biden en Netanyahu het telefonies gepraat oor die rigting wat die oorlog met Hamas inslaan. Amerika se sekerheidsraadgewer, Jake Sullivan, sê ‘n militêre plan in Rafah is futiel sonder ‘n geïntegreerde humanitêre en politieke plan: