Ramaphosa moet vandag antwoorde gee
President Cyril Ramaphosa sal vandag vrae beantwoord in die Nasionale Vergadering. Die president se verskyning sal ingevolge sy verpligting volgens parlementêre reëls, die vierde termyn van die parlementêre programsiklus voltooi. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa sien daarna uit om oor kritieke kwessies met die Nasionale Vergadering in gesprek te tree, en bevestig die regering se verbintenis om uitdagings aan te spreek en die mense se vooruitgang te bevorder: