Kommer oor somer-oeste, en ek en jy gaan betaal
Somer-oeste dwarsoor Suider-Afrika is erg ontwrig deur voortslepende hittegolwe en onvoldoende reën, en Namibië is geen uitsondering nie. Die hoofbestuurder van die Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, het vroeër gesê die plaaslike mielie-oes is beteuterd maar Namibië sal genoeg mielies vanaf Suid-Afrika kan invoer om in plaaslike vraag te voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard, die uitvoerende hoof van die NMI-groep gepraat oor of hulle bekommerd is en of daar koste-implikasies sal wees.
Collard sê die beskikbaarheid van mielies behoort nie ‘n probleem te wees nie, maar dit gaan duurder wees.