US$40m se oopsie by Ethiopiese bank
Wat sou jy doen as jy die geleentheid het om soveel geld as wat jy wil uit jou rekening te onttrek? In Ethiopië sukkel die grootste handelsbank om groot bedrae geld wat deur klante onttrek is terug te kry ná ‘n stelselfout. Commercial Bank of Ethiopia het in die vroeë oggendure van Saterdag ontdek dat meer as 40 miljoen Amerikaanse dollar, of 759 miljoen Namibiese dollar onttrek of oorgeplaas is. Dit het etlike ure geneem vir die instelling om transaksies te vries. Meeste van die geld is deur studente getrek met lang toue wat baie vinnig op kampus by kitsbanke ontwikkel het. Die bank het meer as 38 miljoen rekeninge.