Rough and Tough-tydren doen dit weer!
Die jaarlikse Rough and Tough-saamtrek sal van 16 tot 19 Mei in Namibië gehou word en beloof om nog ‘n prettige, enjin-brullende kampvuur-geleentheid te wees. Die Rough and Tough-tydren is ‘n Namibiese veldren-avontuur met voertuie van 1990 en ouer wat ‘n afstand van byna 1 000km aflê. Dit eindig vanjaar by Madisa-kamp. Die motor- en reisgeleentheid ten bate van kanker is deur die Baard-gesin geskep. Die totale bedrag wat ingesamel is ten bate van kankerpasiënte in die land is meer as 2 miljoen Namibiese dollar in die vyf jaar lange bestaan van die Rough and Tough-saamtrek. Philipie Baard, een van die organiseerders, vertel meer.