Hof stuur FlyNamibia-kwessie terug na Vervoerkommissie
Die Windhoekse hooggeregshof het die Vervoerkommissie van Namibië se besluit om die hernuwing van FlyNamibia se lisensie te weier, hersien en tersyde gestel. Regter Essi Schimming-Chase het die saak verder na die kommissie verwys sodat hy FlyNamibia se hernuwingsaansoek kan heroorweeg. Geen kostebevel is gemaak nie.