Hardapdam se lae vlak wek groot kommer
Die stand van sake by die Hardapdam, waarop talle produsente van die skema staatmaak, wek groot kommer. Op die oomblik is die dam op 12,2 persent van kapasiteit. Daar is egter ook verkeerde inligting wat die rondtes doen, dat NamWater einde Junie die vrystelling van water vir besproeiing in die groenskema gaan staak, indien die dam steeds geen of baie min water gekry het. Kosmos 94.1 Nuus het met Abraham Nehemia, die uitvoerende hoof van NamWater gepraat, wat sê dat hulle met groot belanghebbendes sal vergader om oor die situasie te besluit.