Amper alle kinders begin skool, net 45,7% maak klaar
Die 2023-statistieke oor die skoolinname van leerders deur Unicef in ‘n verslag oor die Namibiese kind, is tydens ‘n kabinetsitting in samewerking met die Namibiese parlement bekend gemaak. Volgens die verslag was inskrywings in pre-primêr 38,8 persent, die netto inskrywingskoers vir primêre skool was 97 persent en die primêre skool voltooiingsyfers was 92,2 persent. Die voltooiingsyfers vir sekondêre skool was egter net 45,7 persent. Edda Bohn, die onderwys-ministerie se adjunk-uitvoerende direkteur, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en meer inligting oor die statistieke gegee.