Dieselprys kan dalk daal – AA
Die Outomobiel Assosiasie voorspel ‘n gemengde brandstofvooruitsig volgende maand, met petrolpryse wat na verwagting effens sal styg, terwyl diesel- en lampolie-pryse kan daal. Die afname in dieselpryse is veral goeie nuus vir sektore soos landbou, mynbou, vervaardiging en kleinhandel, waar diesel ‘n aansienlike insetkoste is. Die AA skryf hierdie prysveranderings toe aan ‘n stewiger Suid-Afrikaanse rand – Amerikaanse dollar-wisselkoers sowel as laer oliepryse.