Waar is Joslin Smith?

Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het sy tevredenheid uitgespreek oor die inhegtenisneming van die 32-jarige Lourentia Lombaard, in verband met die verdwyning van die ses-jarige Joslin Smith. Lombaard het in die landdroshof in Vredenburg verskyn op aanklagte van ontvoering en mensehandel. Die saak is tot volgende Maandag uitgestel. Allen het die vier beskuldigdes, insluitend Joslin se ma, Kelly, versoek om bekend te maak waar Joslin is nadat sy vier weke gelede verdwyn het.