ActionSA dien klag in oor stem-peilings… sê dis waninligting

ActionSA sê hy het ʼn klagte by die Onafhanklike Verkiesingskommissie en die persombud ingedien oor vals politieke inligting in die bedryf wat meningspeilings oor die komende verkiesing uitgee. Die party beskuldig sommige maatskappye dat hulle politieke waninligting onder die dekmantel van wettige meningspeilings versprei. ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê hierdie kwessies het gister in publikasies by drie media-afsetpunte voorgekom wat ʼn peiling uitgegee het wat volgens hulle vermoedelik van die DA kom: