Olie: Gaan prys bly styg of nie?

Oliepryse het verder gestyg, nadat dit vir die eerste keer sedert November 85 Amerikaanse dollar per vat bereik het. Pryse sou na verwagting meer as 3 persent hoër eindig vir verlede week as gevolg van die stygende vraag van Amerikaanse raffinaderye wat beplande opknappings voltooi het. Brent ru-olie het vanoggend, soos verwag, verder gestyg na net onder 86 Amerikaanse dollar per vat. Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gee sy siening oor of die neiging sal voortduur.