Vermiste Joslin: Nog een vas

Die Wes-Kaapse polisie het bevestig ʼn 32-jarige vrou is in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van Joslin Smith. Drie beskuldigdes, insluitend die meisie se ma, het verlede week hulle aansoek om borgtog laat vaar terwyl aanklagte teen ʼn vierde beskuldigde laat vaar is. Die jongste verdagte sal na verwagting vandag in die Vredenburg-landdroshof op aanklagte van mensehandel en ontvoering verskyn. Die soektog na Joslin, wat verlede maand uit haar familie se huis in Middelpos verdwyn het, duur voort.