NASA se aansoeke vir nuwe ruimtevaarders is nou oop.

Potensiële ruimtevaarders het minder as ‘n maand om hul aansoek by die Amerikaanse ruimte-agentskap in te dien, wat waarsku dat ‘gereelde reis een van die vereistes is’.

Nuwe ruimtevaarders sal opleiding en ‘n evalueringstydperk van twee jaar moet ondergaan asook ‘n reeks fisiese vereistes moet slaag.

Aansoekers moet Amerikaanse burgers wees met ‘n Meestersgraad in ingenieurswese, biologiese wetenskap, fisiese wetenskap, rekenaarwetenskap of wiskunde.

Nadat kandidate hul opleiding voltooi het, sal hulle by die aktiewe ruimtevaarderkorps aansluit en in aanmerking kom om aan ‘n ruimtevlug toegewys te word. Is jy die volgende Neil Armstrong? 

Foto: Verskaf