Vrou verkrag deur man wat twee keer poog om haar vroeër aan te rand

‘n 19-jarige het na bewering ‘n 24-jarige vrou verkrag nadat hy vir haar en twee ander vriende alkohol by Omuntele in die Oshikoto-streek gekoop het. Die polisie sê die groep het saam gekuier en dat die verdagte reeds vroeër gepoog het om haar aan te rand by ‘n toilet maar sy is deur vriende bygestaan. Daarna is die groep na haar huis toe en die verdagte het uiteindelik agtergebly. Volgens die mag het hy weer gepoog om haar aan te rand, sy het gevlug in ‘n mahangu-veld in maar, is daar oorrompel en verkrag. Daar word beweer dat die verdagte haar 200 dollar aangebied het om omgang te hê. Hy het haar blykbaar ook op die wang en arm gebyt, so dat sy oop wonde het. Die verdagte sal vandag in die hof op Ondangwa verskyn.