Hamas moet uitgewis word – Bibi
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê geen internasionale druk sal sy land keer om al sy oorlogsdoelwitte te bereik nie. Netanyahu sê hulle sal seker maak hulle wis Hamas uit, bevry al die gyselaars en sorg dat Gaza nooit weer ʼn bedreiging vir Israel is nie. Hy het ook gesê sy weermag doen alles wat hy kan vir menseregte in Gaza.