Indian Wells: Dis Alcaraz en Swiatek
Die wêreld se nommer twee, Carlos Alcaraz, het sy Indian Wells-titel suksesvol verdedig. Die 20-jarige Spanjaard het die wêreld se nommer vier van Rusland, Daniil Medvedev, met 7-6 en 6-1 verslaan om sy eerste sege sedert verlede jaar se Wimbledon te behaal. In die vroue-afdeling het wêreld-nommer-een, Iga Swiatek van Pole, haar tweede Indian Wells-titel opgeraap toe sy die Griek, Maria Sakkari, met 6-4 en 6-0 afgeransel het. Swiatek sê sy is trots op die manier waarop sy deur die hele toernooi geveg het: