Droogtehulp hou dringende fondsinsameling
Namibië Boere Droogtehulp se geld is op en boere, wat veral nou gebuk gaan onder erge droogte, kan nie bygestaan word nie. Meer as 200 000 Namibiese dollar is reeds bestee. Henriette le Grange van die organisasie sê hulle werk dringend aan fondsinsamelings. Die Country groep West van Suid Afrika sal op 20 April in Windhoek wees. Le Grange moedig die publiek aan om kaartjies te koop ten bate van die droogtehulp, en om vir boere wat deur erge droogte gaan te bid.