Kapofi se jagtog en Boulter se kwotasie – iets is nie pluis nie
Volgens die jongste Tender Bulletin het Namibiese verdedigings- en polisiebeamptes gesê hul uitstappie op Harvey Boulter se plaas naby Kamanjab het niks te doen met die Brit se ongevraagde aanbod om wapens aan die weermag te verkoop nie. Namibië se minister van verdediging, Frans Kapofi, het bevestig dat hy die Britse miljardêr, Harvey Boulter, se plaas besoek het vir ‘n private jaguitstappie maar sê hy het eers later uitgevind dat , hy het gesê dit het niks te doen met die omstrede sakeman se ongevraagde voorstel om wapens aan die Ministerie van Verdediging en Veterane-sake te verkoop nie. Boulter het in Julie verlede jaar kwotasies ingedien om wapens en ander militêre toerusting ter waarde van sowat 29 miljoen Namibiese dollar aan die ministerie te verkoop. Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah…