Coenie en kie terug in die hof vandag
CBI Exchange se Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove sal weer vanoggend in die landdros-hof in Windhoek verskyn. Die twee is kort na landdros David Mukuyu alle klagte laat vaar het en die saak van die rol geskrap het, weer gearresteer. Die Bank van Namibië het in ‘n verklaring gesê Botha het die wet op bankinstellings oortree en daar is beweer dat hy bedrog van 160 miljoen Namibiese dollar gepleeg het. Mukuyu het bevind die twee is sonder ‘n lasbrief in hegtenis geneem en onmenslik behandel.