Bipa herinner oor kwytskelding wat 31 Maart eindig
Die Sake- en Intellektuele Eiendomsowerheid het verlede jaar die skrapping van die jaarlikse belastingboete aangekondig. Die boete-kwytskelding is geldig tot 31 Maart. Die 100%-boete-kwytskeldingsprogram is slegs van toepassing indien sake-entiteite hul jaarlikse hoofbedrae ten volle betaal het. Ockert Jansen, die woordvoerder van owerheid, wil graag die publiek aan hul verpligtinge herinner.