Dis Alcaraz teen Medvedev in Indian Wells-eindstryd

Tennis: Carlos Alcaraz het van ‘n een-stel-agterstand, en ná ‘n drie-uur lange onderbreking weens reën, teruggeveg om ‘n einde te maak aan Jannik Sinner se segetog van 19 wedstryde en so sy plek in die eindstryd van die Indian Wells-toernooi verseker. Die Spanjaard het die Italianer met 1-6, 6-3, 6-2 verslaan en met die oorwinning sy nommer-twee posisie op die wêreldranglys behou. Alcaraz kom in die eindstryd teen Daniil Medvedev van Rusland te staan, wat die Amerikaner Tommy Paul in die ander halfeindstryd met 1-6, 7-6, 6-2 geklop het.