Vyf miljoen in Soedan kan van honger sterf
Byna vyf miljoen mense in Soedan kan in die komende maande katastrofiese honger ly in dele van die oorloggeteisterde land. Die Verenigde Nasies waarsku dat akute vlakke van honger gedryf word deur die impak van die konflik op landbouproduksie, skade aan infrastruktuur, ontwrigting van handel. Humanitêre toegang word ook belemmer. Byna 730 000 kinders regoor Soedan is in gevaar van ernstige wanvoeding.