Ierland wéér as Sesnasies-kampioene gekroon
Ierland het hulle titel behou met ‘n oorwinning van 17-13 teen Skotland in Dublin om die 2024-Sesnasies-kampioenskap weer in sy guns te beklink. Frankryk het in Lyon vir Engeland ore aangesit met ‘n riller van sewe drieë. Die telling was 33-31. En Italië het ‘n naelskraapse oorwinning van 24-21 teen Wallis in Cardiff behaal, wat beteken die tuisspan het vir die eerste keer in 21 jaar heel laaste geëindig. Die hoofafrigter, Warren Gatland wou na die vernedering bedank, maar die Walliese Rugbyunie het sy aanbod verwerp.