‘Diana het baie meer gely onder media-teistering as Kate’
Wyle Prinses Diana se broer, Graaf Charles Spencer, sê dat die media aandag waaronder sy suster gely het “gevaarliker” was as die ondersoek rondom Kate, die huidige prinses van Wallis. Diana is dood in’n motorongeluk terwyl sy deur fotograwe agternagesit is. In ‘n BBC-onderhoud sê Spencer egter ook hy is bekommerd oor “wat met die waarheid gebeur het”, te midde van wilde gerugte oor Prinses Catherine, haar gesondheid en haar huwelik.Hy sê as hy terugkyk Diana se dood, dink hydie omstandighede van haar dood was so skokkend, dat dit wel die industrie wat die paparazzi ondersteun, regtig noukeuriger laat oorweeg het wat dit kon en kon nie “Nie omdat hulle ’n morele oordeel gehad het nie, maar omdat dit vir die publiek onaanvaarbaar was.”