Nuwe hoofbestuurder vir Hoë Prestasie-Rugby
Dave Wessels gaan die nuwe pos as hoofbestuurder vir Hoë Prestasie-Rugby vul. Die 41-jarige voormalige afrigter van die Super Rugby-spanne, Western Force en Melbourne Rebels is tans die hoof van rugby by die Stormers/Westelike Provinsie. SA Rugby sê die rol van Hoofbestuurder: Rugby is afgeskaf en die posbekleër Charles Wessels gaan voortaan op Springbok-aangeleenthede fokus.