Cape Epic spring weg in Kaapse wynlande
Vanjaar se Cape Epic het in Somerset Wes begin met fietsryers wat die uitmergelende 617-kilometer wedren van agt dae oor bergagtige terrein aandurf. Fietsryers gaan ‘n totaal van 16-duisend-500 meter vanaf die Lourensford-wynlandgoed en terug, uitklim. Die wedren, wat as die Tour de France van Afrika bekend staan, moet deur albei lede van die twee-persoonspan voltooi word, met slegs 680 spanne wat elke jaar toegelaat word om deel te neem.