President vra groter samewerking met Finland

President Nangolo Mbumba wil graag opvoedkundige opleiding tussen Namibië en Finland ‘n werklikheid maak. Hy wil samewerking veral in die nuwe olie- en gasindustrieë sien gebeur. Hy het die kommentaar tydens ‘n vergadering met ‘n parlementêre afvaardiging van Finland by die Staatshuis gemaak. Die Finse parlementslede besoek Namibië vir ‘n reeks vergaderings met hul plaaslike eweknieë.