Tshwane gaan sy kredietgradering-sokkies optrek

Die burgemeester van Tshwane in Suid-Afrika,, Cilliers Brink, sê ‘n vertraging met die indiening van finansiële state is nie ‘n roetine gebeurtenis nie en die rede hoekom kommunikasie met die Johannesburgse Aandelebeurs nie op die stad se kontrolelys was nie. Tshwane het ‘n teregwysing van die JSE aanvaar en hom verbind om meer pligsgetrou oor pryssensitiewe inligting te wees. Brink sê die metro streef na Kaapstad se standaard van die verbetering van dienste deur in infrastruktuur te belê. Dit maak die nodig om sy kredietgradering te verbeter om toegang te kry tot broodnodige finansiële steun en lenings.