Gaza gaan vir jare onveilig wees, maan VN

Die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestyne waarsku dit sal jare neem om die Gaza-strook weer veilig te maak. Hy sê die Israelse aanvalle het byna 23-miljoen ton se rommel en wapens wat nie ontplof het nie, oral in die enklave agtergelaat.  Myn-aksievennote is nou besig met ‘n evaluering van die bedreiging van ontploffings.