Duitse verbod op jagtrofeë sal ekonomie sleg wond
Namibië se Omgewingsminister, Pohamba Shifeta, is bekommerd oor Duitsland se voorgestelde beperkings op die invoer van jagtrofeë So ‘n verbod kan Namibië se ekonomie en bewaringspogings hard slaan.Namibië maak staat op gereguleerde en volhoubare trofeejag om plaaslike gemeenskappe te ndersteun en ‘n gesonde wildbevolking te handhaaf. Shfete het sy redes kommer oor die potensiële verbod aan ‘n besoekende Duitse afvaardiging meegedeel. Die trofeejagbedryf is ook ‘n groot werkgewer in Namibië. Shifeta se brief aan die Duitse afvaardiging is ‘n oproep tot dialoog. Botswana moes ook, oor dieselfde kwessie, formele kommunikasie na die Duitsers uitreik.