Bolt-bestuurder agter tralies vir verkragting
‘n Bolt-bestuurder in Suid-Afrika wat vroue-passassiers verkrag het, is gevonnis. Die Johannesburgse Hooggeregshof het die 30-jarige aanlyn-taxi-bestuurder twee keer lewenslange tronkstraf opgelê, plus 60 jaar, vir verkragting en ontvoering. Emmanuel Mudau, het vroue geteiken wat ritte van Cosmo City af vroeg in 2022 aangevra het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Phindi Mjondondwane, sê vier slagoffers het getuig Mudau het hulle opgetel, na afgeleë plekke geneem en hulle dan verkrag.