Berugte renosterstroper agter tralies
Die Nasionale Krugerwildtuin is verheug oor die vonnis van 17 jaar wat die Skukuza-streekhof opgelê het vir Mbongeni Ngobeni vir renosterstropery. Ngobeni, wat verhoor ontduik het ná borgtog in 2019, het tereggestaan op aanklagte van onder meer die jag van renosters, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en betreding van die park. Sy skuldigbevinding dui op ‘n oorwinning teen stropery. Die parkbestuur sê hulle gaan voort met hul pogings om wildlewe-misdaad te bekamp en bedreigde spesies te beskerm.