Crusaders beleef hul slegste Superrugby-seisoen nóg
Rugby: Die Sewemalige Superrugby-kampioene, die Crusaders, beleef hul swakste seisoen nóg, na hulle vierde agtereenvolgende nederlaag. Hulle het vanoggend in Christchurch met 14-10 teen die Hurricanes verloor, wat die druk op die nuwe afrigter, Rob Penney, verder laat toeneem. Hy het oorgeneem toe Scott Robertson die hoofafrigter van die All Blacks geword het, maar sy span kon tot dusver vanjaar nog nie één wedstryd wen nie. Die kaptein van die Crusaders, David Havili, was nie bereid om hul swak prestasie aan hulle lang beseringslys toe te skryf nie, al was sewe van die span se All Blacks dié week nie beskikbaar nie.