Wat is die SADC-tribunaal presies?

Die SADC-tribunaal is deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in die lewe geroep om geskille te bereg wat voortspruit uit die interpretasie en toepassing van die SADC-verdrag en sy bykomende instrumente. Ben Freeth, die Zimbabwiese boer wat te perd van sy verwoeste plaas na Windhoek op pad is, is nie formeel deur ‘n regsproses deur die Robert Mugabe-regime van sy plaas gesit nie, hy is deur geweld en intimidasie van sy plaas af gedwing. Hierdie voorval het omstreeks Junie-Augustus 2008 plaasgevind, en die tribunaal het daarna beslis dat Zimbabwiese boere op hul plase kan aanbly. Die tribunaal is toe deur Mugabe en Suid-Afrika se Jacob Zuma ontbind. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Toni Hancox, die direkteur van die regsbystandsentrum, wat ‘n perspektief gee oor wat die SADC-tribunaal is asook die belangrikheid daarvan.