Mosiehof hanteer 116 verstekvonnis aansoeke
Die twee sessies van die mosiehof het vanoggend 116 aansoeke vir verstekvonnisse hanteer met 19 op die reël 108 rol. Regters Hannelie Prinsloo en Beatrix de Jager het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 55 van die aansoeke gebring. Hulle eis 34 onbetaalde eiendomme terug met ‘n uitstaande waarde van 29,7 miljoen Namibiese dollar. Een voertuig moet terugbesorg word en 20 lenings met ‘n reuse-skuldlas van 35,5 miljoen dollar is nou betaalbaar. In Maandag se sessie sal regter Orben Sibeya 35 onverdedigde egskeidings hanteer.